Keshav Maharaj

Keshav Maharaj
Maharaj boul vir Yorkshire in 2019
Volle naam Keshav Atmanand Maharaj
Gebore 7 Februarie 1990 (1990-02-07)
Durban, Natal, Suid-Afrika
Kolfstyl Regshandige kolwer
Boulstyl Linkerarm ortodokse draaier
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 327) 3 November 2016 v Australië
Laaste Toets 8 April 2022 v Bangladesj
EDI debuut (no 120) 27 Mei 2017 v Engeland
Laaste EDI 23 Maart 2022 v Bangladesj
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2006–tans KwaZulu-Natal
2009–tans Dolfyne
2018–tans Durban Heat
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI T20I 1e rang
Wedstryde 41 21 8 144
Lopies aangeteken 869 153 0 3671
Kolfgemiddeld 14.72 17.00 0.00 20.28
100s/50s 0/3 0/0 0/0 2/15
Hoogste telling 73 23 0 114*
Aflewerings geboul 8595 1111 175 29 995
Paaltjies 141 25 6 546
Boulgemiddeld 31.94 35.36 28.33 27.40
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 8 0 0 33
10 paaltjies in 'n wedstryd 1 0 0 7
Beste boulontleding 9/129 3/25 2/24 9/129
Vangskote/Stonkings 12/– 3/− 5/– 53/–
Bron: Cricinfo, 8 April 2022

Keshav Atmanand Maharaj (gebore 7 Februarie 1990) is 'n Suid-Afrikaanse professionele krieketspeler wat vir die Suid-Afrikaanse nasionale span in toets-, EDI- en T20I-krieket speel. Hy is die onderkaptein van die span in krieket met beperkte boulbeurte. Hy het sy buiging in eersterangse krieket in 2006 gemaak[1] en sy toetsbuiging in November 2016. Hy is 'n linkerarm-ortodokse draaibouler en laerorde-kolwer. Hy speel vir KwaZulu-Natal en die Dolfyne in plaaslike krieket.

Maharaj het in Junie 2021 slegs die tweede bouler vir Suid-Afrika geword om 'n driekuns in 'n toetswedstryd te behaal.[2] In September 2021 het Maharaj Suid-Afrika vir die eerste keer aangevoer, in die tweede eendagwedstryd teen Sri Lanka.[3] In September 2021 het Maharaj sy T20I-buiging teen Sri Lanka gemaak en die span in sy debuutwedstryd aangevoer.[4] Maharaj hou die gesamentlike wêreldrekord vir die meeste lopies aangeteken in 'n boulbeurt in toetsgeskiedenis, nadat hy 28 van een van Joe Root se boulbeurte aangeteken tydens Engeland se toer in Suid-Afrika in 2019.[5] Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofee 2017, die Krieketwêreldbeker 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021, 2022 en 2024 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.[6]

  1. (en) "Keshav Maharaj: The foodie who smashed the colour barrier". Hindustan Times. 3 November 2016. Besoek op 14 September 2021.
  2. (en) "Keshav Maharaj takes SA's first Test hat-trick in more than 60 years as Proteas eye victory". News24. Besoek op 21 Junie 2021.
  3. (en) "South Africa need a spin intervention against improving Sri Lanka". ESPN Cricinfo. Besoek op 4 September 2021.
  4. (en) Mjikeliso, Sibusiso. "Proteas skipper Keshav Maharaj on dream T20 debut: 'My team-mates made my job easy'". Sport. Besoek op 14 September 2021.
  5. (en) "Test Records most runs in an over". ESPNcricinfo. Besoek op 28 Desember 2021.
  6. (en) Andrew Fidel Fernando (27 Junie 2024). "South Africa demolish Afghanistan to enter their maiden men's World Cup final". ESPNcricinfo. Besoek op 30 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search